Wednesday, March 24, 2010
Tuesday, March 9, 2010
Celltone Snail Gel
Ek het n kans gevat en die goed gekoop...Flippen R400!
Maar tot my surprise het dit actually gewerk!
Na my 2de seuntjie het ek rekmerke op my maag so dik soos my pinkie.
Klowe.Skeure.
Dis pers en baie lelik!!
Na die eerste week kon ek al klaar n verskil sien.Die kleur het verander en dit was nou ligter pienk.Ek was so opgewonde ek het elke 10 minute nog en nog gaan opsit...
Dit het die mini potjie gel baie vinnig klaar gemaak!!Maar dit het gewerk.Die een potjie het die merke heeltemal silwer gemaak...Niks kleiner of dunner nie,maar wel ligter.Toe koop ek maar n tweede potjie.Maar daar het verder nie veel gebeur nie.Dit het nie nog ligter of dunner of kleiner geword nie.
Ek het bietjie navorsing gedoen en met "laser therapy" gaan jy nie dieselfde resultate kry vir dieselfde geld nie.So in daai opsig is dit einlik n baie effektiewe en relatief goedkoop oplossing.Maar dit werk net tot op n punt en daarna mors jy net geld.Blykbaar kan jy glad nie van die lastige goed ontslae raak nie,jy kan jouself net bluff en dit ligter maak en millimeters dunner(dalk) maar dit sal vir altyd daar bly.
Enigste manier om dit mooier te maak vir jouself is om dit as wysheids-merke te sien en dit net te aanvaar.(ja right)
Monday, March 8, 2010
Skottelgoed Wasser
Ek HAAT skottelgoed was.Ek sal kos maak ek sal wasgoed was ek sal even stryk...maar skottelgoed en ek meng nie so lekker nie.
Stupid soos ek is het ek jare gewag voor ek vir my n skottelgoed wasser gekoop het,want my skoonma het gese hare werk glad nie so lekker nie en sy was die goed eerder self want dis vinniger.
DUIDELIK het sy n baie ou skottelgoedwasser...
Ons het nou n LG dishwasher LD 2131SH gekoop en hy werk soos n droom.
Veeldoelige apparaat!Dit was nie net nie,dit maak droog,en dit dien as pakplek vir vuil skottelgoed en jy kan sommer die skoon skottelgoed van daar af weer gebruik,as jy te lui is om dit uit te pak.
Hy maak meeste goed baie mooi skoon,en as jy hom op sy "sterkste" setting sit maak hy tot potte met aangebrande goed redelik skoon.(maar as jy weet hoe om kos te maak sal jy in elk geval nie potte met aanbrandsel he nie).Natuurlik gaan hy nie als altyd ewe goed skoon kan maak nie,maar dis hoekom jy nogsteeds mar n botteltjie sunlight liquid in die kas moet he vir daai nou-en-dan gevalle.
Ek kan nie glo ek het so lank gewag om vir my so een aan te skaf nie!
Shark Steam Mop
Werk baie lekker.Maklik,Vinnig.
Jy kan net nie hard druk om te skrop nie.As daar nou regtig baie harde vuilgoed is soos pronutro wat gemors is en droog geword het op die teels,dan moet jy maar n lepel of n ding vat en die "sement" eers af krap voor jy met die steam mop oor dit kan gaan.
Maar hy werk baie lekker vir koeldrank of puppy-piepie op die teels.
En omdat dit met stoom werk word die vloer baie vinnig droog na die tyd so dis nie soos n mop en water waar jy "caution" bordjies hoef uit te sit nie.Die lappies kan noggal baie vloeistof opsuig en ek kan so 3 kamers skoonmaak met een voor hy te vuil en nat is.Dan haal jy hom net af en gooi hom in die wasmasjien.Jy kry 2 lappies saam die mop as jy hom koop maar daar is ook spaar lappies te koop.
Jy moet net seker maak jy suig alle los goed op of "vee" dit met die sharky voor die tyd want as daar goed op die vloer is soos krummels of gras of sulke goed dan maak hy strepe,want hy tel nie die vuilgoed op nie.so jy maak dit net einlik nat en vee dit heen en weer oor die vloer.
Shark Cordless Sweeper
Ek het so 3 jaar terug vir my een van die oulike goedjies gekoop.
(Intussen het die een al die gees gegee aangesien dit n onweerstaanbare item is vir n klein woelige seuntjie om mee te speel.Die hele handvatsel het af gebreek.Manlief het dit probeer "pratley putty" maar dit het nie so lekker gewerk nie. So toe het ek maar n nuwe een aangeskaf)
Dis relatief goedkoop R599.Hy hou baie lank en is sy geld 3 maal werd!
Wat lekker is van hom is dat hy permanent op "charge" kan wees so hys altyd reg as jy hom wil gebruik.Hys lig en vinnig en sterk.
(Intussen het die een al die gees gegee aangesien dit n onweerstaanbare item is vir n klein woelige seuntjie om mee te speel.Die hele handvatsel het af gebreek.Manlief het dit probeer "pratley putty" maar dit het nie so lekker gewerk nie. So toe het ek maar n nuwe een aangeskaf)
Dis relatief goedkoop R599.Hy hou baie lank en is sy geld 3 maal werd!
Wat lekker is van hom is dat hy permanent op "charge" kan wees so hys altyd reg as jy hom wil gebruik.Hys lig en vinnig en sterk.
Hy werk veral goed op matte n is ideaal vir teels om enige iets op te tel onder andere:
- chips
- krummels
- honde hare
- jou man se toonnaels wat hy gisteraand geknip het ens...
- glasstukke as n glas breek
Hys "cordless" so jy sukkel nie met n draad nie en sy battery hou lank genoeg om die hele huis mee te "vee".
Hy werk beter as n besem want hy tel self die gemors op.Hy werk net nie so lekker in hoeke nie,so sorg maar dat jy jou meubels so rangskik dat dit die hoeke toe maak.
Ek gebruik my sharky elke dag en sal hom aanbeveel vir enige iemand!!!
Subscribe to:
Posts (Atom)